Dalk het jy ook al so bietjie op "moed verloor se vlakte gaan kuier" Dit is nie nodig om jou laste alleen te dra nie. Kontak enige van ons predikante indien u berading of 'n terapeutiese pad wil stap. Dalk het jy al self gesê “ek het net iemand nodig om te luister” – kom praat gerus.  Kom maak ‘n slag jou hart leeg.  Ons ken nie al die antwoorde nie.  Ons is hier om jou te help groei, hoekom groei, want God het ons gemaak om te lewe en tot eer van HOM te groei.

Wat vra berading van jou?berading

  • Om te alle tye eerlik met jouself te wees
  • Om te weet jy is tot alles in staat deur HOM wat jou krag gee
  • Bereidheid om dalk deur die pleisters en die rowe van die seer te werk
  • Om te weet jy is totaal afhanklik van God in die proses van genesing

Wat kan met jou gebeur wanneer jy berading/terapie ontvang?

  • Jy kan bewus word van God se genesing
  • Jy mag dalk goed in jouself ontdek waarvan jyself nooit bewus was nie.
  • Jy mag dalk die pad van vergewing / vergifnis deurloop
  • Jy mag dalk met jou seer ander genees.

“Ek het nie berading nodig nie”

Ons hoor dit so dikwels, wanneer mense teenstrydig is met hulself en soms te verleë is om met hul probleme te deel.
Gaan gerus na ons SELFHELP skakel en lees meer oor