“Ek het vandag 'n dominee nodig…”

Waarmee kan ons help?

Ons deel in mense se seertye maar ook vreugde tye.

Huisbesoek: Indien u huisbesoek verlang kontak gerus die predikante van die gemeente, dit sal vir ons ‘n voorreg wees om u tuis te kom besoek en u pastoraal te begelei. Ons beskou dit as ‘n groei geleentheid vir u en vir ons.


Gebed: Wie kan tog twyfel in die krag van gebed? Die Woord sê mos: ‘Waar twee of meer in my naam vergader daar is EKSELF teenwoordig” Ons doen graag vir u voorbidding saam met ons voorbidding span. Indien u ‘n gebedsversoek het stuur dit gerus na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  


Hospitaal besoeke: Laat weet ons asb indien u besoek verlang. Ds. Anneline besoek u graag by alle Oos Rand Hospitale, Linmed, Arwyp, Glynwood, Tembisa, Verre Oos Rand, Sunward Park.
Ds. Japie hospitale in Johannesburg, Milpark, Sunninghill, Olivedale, Johannesburg Algemeen.
Laat weet ook vir ons van Pretoria opnames, ons reël vir u ‘n besoek.
U is vir ons prioriteit, en kan slegs help indien u ons in kennis stel.

 

Begrafnisse: Lidmate geniet prioriteit. Ons glo elke lidmaat verdien ‘n “koninklike” begrafnis. Dit is immers geleentheid om afskeid te neem van ‘n geliefde, maar ook om troos van die Here te ontvang. Skakel asb met ds. Anneline vir n afspraak sodat reëlings en vereistes bespreek kan word. Persone word ook in die rouproses begelei soos verlang.

 

Huweliksbevestigings: Een van die wonderlike vreugdes van die lewe. Indien u in die huwelik wil tree. Kontak ds. Anneline vir reëlings en beskikbaarheid. Troues vir lidmate en nie-lidmate.

 

Doopgeleenthede: Doop geleenthede is vier keer per jaar (sien kalender). Die doop word vooraf gegaan met behoorlike doopkategese vir ouers. Ons glo dat die doop 'n sakrament is wat deur God self ingestel is. Daarom neem ons dit nie ligtelik op nie. Kinders is by KPO prioriteit en betrokke ouers kweek 'n liefde vir Jesus in hul kinders. Kontak die kerkkantoor vir verdere inligting, studie materiaal en nodige dokumente om u kindjie te doop.