Fases van Rousmart

 

Oorleef die Rousmartproses!
• Om te rou is natuurlik. As jy oud genoeg is om lief te hê is jy oud genoeg om te rou.
• Om te rou vat tyd. Dit wissel van mens tot mens. Dit hang af van die verhouding wat jy met die persoon gehad het.
• Rou is persoonlik. Jy kan jou belewenis en ervaring nie met iemand anders vergelyk nie. Jou proses is uniek.
• Rousmart volg 'n patroon. Omdat ons mense is sal sekere van die elemente algemeen voorkom.
• Rousmart word nie altyd deur ander mense verstaan nie. Ons samelewing is swak toegerus om die dood en rousmart te harteer.
• Rousmart maak 'n mens emosioneel kwesbaar. Ons neem maklik aanstoot, word maklik seergemaak en is geïrriteerd.
• Rousmart mislei ons in baie gevalle. Dit laat ons voel om in isolasie te bly wanneer ons in werklikheid ander nodig het.
• Rousmart mislei ons ook om te dink ons sal slegs beter wees as ons "terug" is waar ons "voorheen" was.

   
Die Proses  
Opwaartse Spiraal Afwaartse Spiraal
op af
   

Hanteer Rousmart
• Moenie verwag dat die rousmart-proses maklik of onmoontlik sal wees nie: vermy beide uiterstes.
• Moenie die tyd wat dit jou neem vergelyk met die tyd wat dit iemand anders geneem het nie.
• Steun op jou "ou" ondersteunings-sisteme. Dit kan familie, vriende of die geloofsgemeenskap by die kerk wees.
• Hanteer "issues". Moenie dit vermy nie. Ten spyte van die versoeking om op te gee of om uit te stel moet jy "vorentoe" beweeg met die nodige stappe/aksies.
• Hanteer besittings. Vermy uiterstes. Moenie alles net weggee nie, hou wat vir jou spe-siaal is. Moet egter ook nie heiligdomme oprig nie.
• Verwag ongewone emosies. Jy mag verwar-ring ervaar soos nooit te vore nie. Mense vergelyk hierdie gevoel met iets soos 'n "gewig op hulle skouers" of 'n "drukking op hulle bors" wat hulle terughou.
• Wanneer jou voel jy wil huil, doen dit. Maak dit 'n positiewe belewenis deur te dink aan die goeie tye.
• Deurdink en beplan vakansies, verjaardae, huweliksherdenkings ens.