NHK Kempton Park Oos QR SnapScan KodeJy het nou ’n maklike en veilige manier om jou  Sondag se deurkollekte, maandelikse offergawe of jaarlikse dankoffer, 'n uitreikdonasie, 'n basaar aankope te maak!

Hoe betaal ek met SnapScan?

Laai eers die toepassing (app) af soos hieronder verduidelik. Maak die SnapScan app oop en tik op "scan". Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor die unieke Kempton Park Oos Gemeente Snap Code ('n QR-kode, of vierkantige barcode) vertoon hiernaas, by inligting tafel, op die afkondigings, by kantoor, kerkkalender ens. om te skandeer.

Die app identifiseer NHK Kempton Park Oos outomaties en vra jou om die bedrag te verskaf wat jy wil oorbetaal - vul asb. ook die beskrywing van die inbetaling in die aangeduide plek (deurkollekte, offergawe, fees, dankoffer ens. & asook jou voorletters & van). Jy verskaf dan jou unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig en te voltooi. Die kerkkantoor sal dan 'n kennisgewing ontvang via SMS en e-pos dat die betaling gemaak is. Die persoon wat die inbetaling doen, bly ook op ons versoek anoniem in die kennisgewings wat die kantoor ontvang, tensy jy jou naam spesifiek as deel van die verwysing gebruik.

Hoe laai ek die toepassing (app) af om SnapScan te gebruik?

Soek op jou selfoon se App Store vir die SnapScan inligting, of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad vir skakels na die Apple Store, Google Play en Blackberry wêreld platforms.

Vervang SnapScan ander betaalmetodes?

Nee, glad nie! By Kempton Park Oos glo ons daaraan om soveel moontlik deure van gee oop te maak, net vir u gerief. Jy kan jou bydrae maak op watter manier ookal vir jou die gerieflikste is. Meelewing as gemeente is belangrik en ons sal nie kontantkollektes, bankinbetalings of EFT bydraes afskaf nie. SnapScan gee net nog een addisionele kanaal om jou bydrae te maak om ander te seën. Talle ander Suid Afrikaanse kerke regoor die land gebruik dit reeds en SnapScan het selfs ’n spesifieke konsultant net om kerke te help met nommerpas SnapScan dienste aangesien donasies spesifieke vereistes het.

Sal dit op my foon werk?

SnapScan is beskikbaar vir Apple iPhones, slimfone met 'n Android-bedryfstelsel-sagteware bv. Samsung en Nokia, asook meeste BlackBerry fone (let daarop dat jy eers nodig het om BlackBerry World te installeer, om so na die App winkel toegang te verkry). Ongelukkig word Windows en funksie selfone nie tans ondersteun nie, maar binnekort.

Hoeveel sal die SnapScan transaksie my kos?

SnapScan is heeltemal gratis vir gebruikers om af te laai en te gebruik. Netwerkoperateur datakoste is van toepassing, maar die App is minder as 10 MB in grootte, afhangende van die toestel wat jy gebruik. Transaksies gebruik ook baie min data en kos omtrent dieselfde bedrag as 'n enkele Whatsapp boodskap.

Wat is die voordeel daarvan om SnapScan te gebruik?

Die inligting is beide gerieflik en veilig! Of jy nou SnapScan gebruik om jou dankoffer of maandelikse bydra te maak, jou eerste koffie vir die dag te koop, jou gunsteling naweekmark te besoek of om 'n taxi huis toe te neem, SnapScan is byderhand. Meer as 20 000 handelaars en ondernemings neem reeds deel aan die betaalmetode en nou ook Gemeente Kempton Park Oos - jy hoef nooit weer jou beursie rond te dra as jy nie wil nie! Om kontant en kaarte met jou rond te dra is dikwels ’n beslommernis met risiko. SnapScan hou jou kaartbesonderhede geïnkripteer veilig op jou selfoon. Kontant kan gesteel word, jou kaart kan gekloon word om al jou geld te onttrek by 'n OTM, maar met SnapScan het jy beide 'n selfoon en 'n PIN app-spesifieke PIN wat jou besonderhede beskerm.

Wat as ek nie ’n Standard Bank klient is nie?

SnapScan werk met e-handel gekoppelde MasterCard of Visa kaarte van enige Suid-Afrikaanse bank. Wanneer jy jou kaart besonderhede voeg op die App, toets dit outomaties die kaart en verskaf 'n fout boodskap as die kaart nie ondersteun is nie.

Wat kos die transaksie KPO?

Die gemeente betaal 'n transaksiekoste van 3% per transaksie soortgelyk aan die van die fasilitering van betalings met kredietkaarte. Die fooi word dadelik gehef uit jou betaling en dan word die 97% balans van jou gekose bedrag dadelik in die KPO rekenning inbetaal. Ons ontvang dan daaglikse en weeklikse state van SnapScan wat elke transaksie, die koste en die oorbetaalde waarde reflekteer.

Waar kry ek nog meer inligting?

Op www.GetSnapScan.co.za is daar videogrepe wat stap vir stap wys hoe die App werk en hoe gerieflik oorbetalings gedoen kan word. Die lekker is ook dat in ons eie omgewing jy ook vir jou koffie of ete kan betaal by ’n aantal ondernemings wat reeds SnapScan as betaling gebruik! Lees ook die onderhoud met Kobus Ehlers, medestigter van dié tegnologie-maatskappy: http://www.netwerk24.com/sake/entrepreneurs/2015-10-12-s-help-spanwerk-snapscan-groei